Amarula Yskastert

Amarula Yskastert

Of dit nou winter of somer is, hierdie resep is ʼn treffer!
Lewer 12 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 200 g karamelgeur Romany Creams, fyngemaak
  • 75 ml Clover Mooirivier-botter, gesmelt

Vulsel

  • 10 ml gelatien
  • 45 ml water
  • 250 Clover- vars room
  • 500 g roomkaas
  • 385 g Clover-kondensmelk
  • 5 ml koffiepoeier
  • 15 ml kookwater
  • 45 ml Amarula-likeur
  • 180 g melksjokolade
  • 1 Flake-sjokoladestafie, gekrummel

Metode:

  1. Meng die fyngemaakte koekies en gesmelte botter.
  2. Druk dit vas op die bodem van ’n 22 cm-tertbord of in ’n reghoekige tertbak van ongeveer 20 cm x 30 cm wat met botter gesmeer is.
  3. Strooi die gelatien oor die 45 ml (3 e) water en laat dit staan tot sponserig.
  4. Smelt dit oor kookwater of mikrogolf dit vir ’n paar sekondes.
    Die gelatien mag nie kook nie.
  5. Klits die room styf en vou dit by die roomkaas.
  6. Roer die kondensmelk by.
  7. Meng die koffiepoeier en kookwater.
  8. Roer die likeur by en roer dit by die roomkaasmengsel.
  9. Roer die gesmelte gelatienmengsel geleidelik by die roomkaasmengse.
  10. Smelt die sjokolade oor kookwater.
  11. Laat dit effens afkoel en roer dit dan vinnig by die roomkaasmengsel tot gemeng.
  12. Skep die vulsel op die kors en laat dit oornag in die yskas staan.
  13. Strooi die Flake-sjokolade oor die tert voor