Appeltert

Appeltert

Bestanddele – Tert

  • 1 Blik Tert Appels (Klein)
  • 4 e Botter
  • 1 ½ k Suiker
  • 4 Eiers
  • 1 ½ k Melk
  • 1 ½ k Bruismeel
  • Knippie Sout
  • 1 ½ t Bakpoeier

Bestanddele – Sous

  • 250 ml Room
  • 1 ½ t Karamel essens
  • ½ k Suiker

Metode Tert

  1. Klits Eiers.
  2. Smelt Botter en Suiker saam.
  3. Meng eiers en botter/suiker mengsel.
  4. Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed.
  5. Sit Appels in pan.
  6. Gooi mengsel oor die appels.
  7. Bak teen 180°C vir 45 minute

Metode Sous

  1. Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit.
  2. Wees versigtig want die room kook maklik oor.
  3. Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk

Vir ‘n lekker klam tert voeg nog so ‘n koppie room of melk by.
Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir ‘n oondpan.