Knoffel Slakke

Knoffel Slakke

  • 1 Blikkie slakke, gooi die water af
  • Knoffel
  • Botter
  • 250ml Room
  • Kaassmeer
  • Sout
  • Peper
  • Droë pietersielie
  • Paprika
  • Mozzarella en Gouda kaas, gerasper
  1. Gooi blikkie slakke in pot tesame met so 3 eetlepels botter en 2 teelepels fyn knoffel, asook so knippie sout.
  2. Kook vir so +/- 5 min…
  3. Gooi 2 eetlepels kaassmeer en room by.
  4. Gooi bietjie pietersielie en paprika by.
  5. Kook weer vir so 5 min.
    Pasop vir vasbrand. Roer gereeld.
  6. Meng klein bietjie mezzina met water en gooi by jou slakke.
    Dis net om jou sous bietjie te verdik.
  7. Skep slakke in jou houertjies met genoeg sous vir elkeen.
  8. Strooi jou kaas oor asook pietersielie.
  9. Bak in oond teen 180°C tot kaas lekker gesmelt is.
  10. Bedien met snytjies brood.
  11. Lewer so tussen 3 tot 4 porsies.