Marshmallow Pynappel Tert

Marshmallow Pynappel Tert

Heerlike Marshmallow Pynappel tert.
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste…vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die marshmalllows te sny…sit ‘n bakkie water langs jou neer…doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny…geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein marshmallows gebruik dan hoef jy niks te knip nie.

  • 1 glasie (250ml) vars room
  • 1 blik fyn pynappel (crushed)
  • 1 pak marshmallows
  • 125ml suurlemoensap
  • 1 blik kondensmelk
  • Tennis koekies
  1. Klits room tot styf.
  2. Gooi kondensmelk, fyn pynappel met stroop en suurlemoensap by die stywe room.
  3. Roer tot gemeng.
  4. Knip marshmallows middeldeur of nog kleiner soos verkies en voeg by mengsel.
    Moenie te veel marshmallows byvoeg nie want dan raak dit te droog wanneer styf.
  5. Pak tenniskoekies in tertbord en gooi vulsel bo oor.
  6. Sny marshmallows en pak bo op soos ‘n blom vir versiering.
  7. Hou verkoel in yskas tot gestol en geniet elke krummeltjie hiervan.