Pepper Steak Pie

Vars Lekker Pepper Steak Pie

Bestanddele:

  • 2 uie (opgekap)
  • 1 green pepper (opgekap)
  • 1 pakkie sampioene (opgekap)
  • 500g Maalvleis
  • 500g goulash
  • 2 aartappels in klein blokkies gesny
  • Gemaalde swartpeper na smaak
  • Sout na smaak
  • 2 pakkies Royco swartpeper sous
  • 1 eetl woschestersous
  • 2 pakkies gevriesde puff pastry (400g)

Metode:

  1. Braai uie, greenpepper en vleis saam in bietjie olie.
  2. Gooi Worcester sous en peper by.
  3. Dan as dit bruin gebraai is gooi sampioene en aartappels by.
  4. Gooi water by en kook vleis tot sag.
  5. Sodra vleis sag is maak pakkies aan soos aangedui op pakkie en gooi in en kook op lae hitte vir 5 min.
  6. Hou dop sodat dit nie aanbrand nie.
  7. Smeer diep bak botter of spray en cook.
  8. Druk eerste pak pastry onder bak bodem en kante vas.
  9. Gooi vleis in bedek weer met pastry bo op omthou om gaatjie in middel te steek ander kook hy oor.
  10. Smeer met eier en bak tot goud bruin op 180 grade.
  11. Bedien saam groen slaai.