Kerrie en Piesang Frikkadelle

Kerrie en Piesang Frikkadelle

Bestandelle:

Frikkadelle:

  • 2 dik snye witbrood
  • 125 ml karringmelk
  • 1 kg maer maalvleis
  • 1 ui, gerasper
  • 1 eier
  • 12,5 ml blatjang
  • 2 ml kerriepoeier
  • 2 ml neutmuskaat
  • 2 ml naeltjies
  • Sout en peper
  • Koekmeelblom

Sous:

  • 25 ml margarine
  • 4 groot uie, gekap
  • 25 ml koekmeelblom
  • 125 ml asyn
  • 15 ml suurlemoensap
  • 750 ml water
  • 12,5 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 37,5 ml appelkooskonfyt
  • 12,5 ml blatjang
  • 10 ml suiker
  • 6 ryp piesangs

Metode:

Stoofplaat en oond

Die frikkadelle:

  1. Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die frikkadelbestandele, behalwe die koekmeelblom.
  2. Vorm frikkadelle, rol dit in die koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel.
  3. Voorverhit die oond tot 190° C ( 375° F )

Die Sous:

  1. Verhit die margarine in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag.
  2. Meng al anderbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie.
  3. Snipper nou twee van die piesangsen roer dit by die sous.
  4. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is.
  5. Sny dieander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel.
  6. Giet die sousbo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.

Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.