Kerrie Frikkadelle

Kerrie Frikkadelle

Uie Mengsel:

  • Sny 5 groot uie
  • Olie
  • 1 eetlepel kerrie
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel mielieblom
  • 2 koppie bladjan
  • 1 koppie konfyt
  • 1 koppie rooiwyn
  1. Meng alles mooi.

Frikkadelle:

  • 700gram maalvleis
  • Halwe koppie oats
  • 1 eier
  • Halwe ui fyn gekap
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel kerrie
  • Halwe teelepel koljander
  • Halwe teelepel naeltjies
  • Halwe teelepel kaneel
  • halwe teelepel paprika
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie bladjan
  • 1 eetlepel kruie
  1. Meng goed en vorm vleis balle/frikkadelle.
  2. Sit in oondbak met olie, braai die frikkadelle tot bruin.
  3. Gooi uie mengsel oor die frikkadelle.
  4. Maak toe met foelie en bak vir ‘n uur.
  5. Haal foelie af en bak vir nog 15min.

Geniet.