Appel/Pynapple Poffertjies

Appel/Pynapple Poffertjies

Lekker nagereg na ‘n braai

  • 250 ml koekmeel
  • 6 piesangs
    Appels of pynappel wat geskil, ontkern en in dik skywe gesny is,
    kan in die plek van die piesangs gebruik word.
  • 2 ml sout
  • sonneblomolie
  • 2 eiers, geklits
  • versiersuiker om oor te strooi
  • melk
  1. Sif meel en sout.
  2. Voeg eiers en genoeg melk by om ‘n dik, romerige beslag te vorm.
  3. Laat 1 uur lank staan.
  4. Halveer piesangs oorlangs en doop in beslag.
  5. Braai piesangs dadelik 3 – 4 minute lank aan elke kant in warm olie tot goudkleurig.
  6. Strooi versiersuiker oor en sit voor met ekstra suiker, stroop of heuning.
  7. Lewer 6 porsies. (Verdun oorskiet beslag en gebruik vir pannekoek.)