Dadelpoeding

Dadelpoeding

  • 1½ Koppie Meelblom
  • 1 Hoogvol teelepel Koeksoda
  • 1 koppie Gekapte Dadels
  • ½ teelepel Kaneel
  • 2 Eetlepels Appelkooskonfyt
  • 1 Eier
  • 1 Melk
  1. Vryf botter in meel.
  2. Voeg gekapte dadels en konfyt by.
  3. Maak mengsel van melk en koeksoda aan, gooi eier in melkmengsel, en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur.

Sous:

  1. Kook 2½ Koppie water en 1½ koppie suiker vir 5 minute in groot kastrol.
  2. Roer aanhoudend totdat suiker gesmelt is.
  3. Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste temp.
  4. Kook vir 40 min, op laagste temperatuur van plaat as moontlik, moenie deksel oplig nie.
  5. Bedien warm met heerlike vla, roomys of geklopte room.