Gebakte Appelkoospoeding

Gebakte Appelkoospoeding

  • 1 Groot blik appelkooshalwes
  • 400 g suiker
  • 120 g margarien of botter
  • 4 eiers
  • 140 g koekmeel
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 15 ml bakpoeier
  • Knippie sout
  • 250 ml melk
  • Gebruik nr 3 platboompot.
  1. Dreineer die vrugte, voeg water by die stroop om 750 ml te maak.
  2. Meet die helfte van die suiker af en voeg by die stroop en verhit.
  3. Room botter met die oorblywende suiker.
  4. Voeg eiers en vanielje by.
  5. Meng goed deur.
  6. Sif die droë bestanddele by en roer om die beurt met die melk in die eiermengsel.
  7. Smeer die pot en giet die deegmengsel daarin.
  8. Rangskik die appelkooshalwes op die deegmengsel.
  9. Giet die warm stroop oor, bedek en kook vir 30 – 40 minute of tot dit gaar is.
  10. Bedien met vla, room of roomys.