Malvapoeding (Asynpoeding)

Malvapoeding (Asynpoeding)

Bestandele:

  • 1 kop. meelblom.
  • 1 teel. koeksoda.
  • 1 eetl. botter.
  • 1 eier.
  • 1/2 kop. melk.
  • 1 eetl. asyn.
  • 1/2 kop. suiker.
  • Sout.

Methode:

  1. Room botter, suiker en eier.
  2. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
  3. Voeg meel en sout by en maak aan met melk.
  4. Bak in matige oond tot gaar (So 180 grade vir een uur lank, bedek met foelie) OF bak in mikrogolf.
  5. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous:

  • 1 kop. Carnation melk
  • 1 kop. kookwater.
  • 1 kop suiker.
  • 6 Eetlepels margarien of botter.
  1. Kook saam en gooi oor poeding.
  2. Bedien warm met vla.