Sjokoladepoeding In Swartpot

Sjokoladepoeding In Swartpot

  • 50 g Botter
  • 200 ml Strooisuiker
  • 1 Eier
  • 250 ml Koekmeelblom
  • 25 ml Kakao
  • 15 ml Bakpoeier
  • ’n Knippie sout
  • 175 ml Melk
  • 25 ml Fyn gerasperde lemoenskil

Sous:

  • 200 ml Water
  • 50 ml Vars lemoensap
  • 250 ml Bruinsuiker
  • 25 ml Kakao
  • 2 ml Vanielje-ekstrak
  1. Meng die botter en die strooisuiker, voeg die eier by en klits dit tot dit glad en romerig is.
  2. Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam.
  3. Roer melk by die bottermengsel in en meng dit dan deeglik met die droë bestanddele om klonte te voorkom.
  4. Meng die water, suiker en kakao en kook dit in jou swartpot.
  5. Gooi die deeg in die sous en sit die pot vir 45-50 minute oor ’n lae hitte met die deksel op tot dit gaar is.
  6. Pas op vir te veel kole onder die pot inkrap, die poeding gaan brand.
  7. Moet ook nie die deksel binne die eerste kwartier oplig nie.
  8. Skep die porsies sommer net so uit die swartpot en bedien dit warm met ’n skeppie vla.
  9. Jy kan ook ‘n handvol gekapte neute byvoeg as jy so voel.