Vrystaat Poeding (Geen eiers)

Vrystaat Poeding
(Geen eiers in die resep nie)

Bestandele:

  • ¾ koppie suiker
  • 3 eetlepels margarine
  • 1½ koppie meel
  • 2 eetlepels appelkoos konfyt
  • 2 kop melk
  • 1 teelepel bakpoeier
  • Sout
  • 1 teelepel fyn gemmer

Sous vir bo-oor:

  • 1/2 kop suiker
  • 2 koppies lou water

Metode:

  1. Meng alles saam en gooi in n gesmeerde bak skottel.
  2. Gooi ½ koppie suiker en 2 koppies louwater bo-oor.
  3. Bak 180C vir +- 1 uur
  4. Toets met tandestokkie of dit gaar is.