Kondensmelk-Suurlemoen Tert

  1. Maak dik vla van 3 k melk, 1E suiker en 2 E vlapoeier.
  2. Koel af.
  3. Meng 1 blikkie kondensmelk met kwart koppie suurlemoensap, bietjie meer as jy van suurder hou.
  4. Pak tenniskoekies onder-in ‘n medium tertbak.
  5. Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla.
  6. Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla.
  7. Druk koekies fyn en gooi bo-oor.
  8. Plaas in yskas tot bedien.