Peppermint Crisp Tert

  • 1 tot 2 Pakkies Tennisbeskuitjies
  • 1 Blik Karamelkondensmelk
  • 1 Pakkie karamel kitspoeding
  • Ongeveer 400 ml Volroom melk
  • 1 Houertjie (250 ml) room
  • 1 tot 2 Peppermint Crisps
  1. Klits die room styf.
  2. Rasper die Peppermint Crisps.
  3. Maak die poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, en klits dit dan by die karamelkondensmelk in.
  4. Pak in lae soos volg:
    1. Tennisbeskuitjies,
    2. karamel, Peppermint Crisp, room.
    3. Eindig met room en gerasperde Peppermint Crisp.