Vla-Marshmalllow Tert

  • 1 blik kondensmelk
  • 1 pak tennis beskuitjies
  • halwe koppie suurlemoensap
  • 1 pak marshmellows (groot)
  • 3 kop melk
  • 3 tl suiker
  • 3 tl hoogvol vla
  • 1 kop styfgeklopte room

Metode:

  1. Pak tennis in tertbak
  2. Meng kondensmelk met suurlemoensap en gooi oor beskuitjies
  3. Sny marshmellows in 3 helftes en pak oor bogenoemde.
  4. Maak vla aan met melk suiker vlapoeier en gooi warm vla oor beslag.
  5. Laat bietjie afkoel en gooi room oor Versier met beskuitjiekrumels.