Yskas Tert

  • 1 blikkie crushed pineapple
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 pakkie pynapple jellie
  • 1 pakkie tennis beskuitjies
  1. Pak tennis beskuitjies onder in bodem van tert bak.
  2. Sit die sap van die pynappel in pot, saam met pakkie jellie en blikkie kondensmelk en roer saam oor medium hitte tot die jellie heeltemal gesmelt is.
  3. Voeg die pynappel by en skep versigtig bo-op koekies.
  4. Sit in yskas tot gestol.
  5. Jy kan vars styf geklopte room bo oor smeer voor jy dit bedien as jy wil.

Variasies:

  1. Vervang pynappel met blik guavas en di pynappel jellie met cherry jellie, druk net guavas met vurk fyn – gebruik pitte en al.
  2. Jy kan di pynappel ook vervang met geblikte cherries en dan cherry jelly