Peperment Karamel Koek

Peperment Karamel Koek

Wanneer peperment crisp tert en vanilla koek trou dan kry jy hierdie…

  • 2 eiers
  • ¾ k bruin suiker
  • 1 ¼ k olie
  • 30 ml appelasyn
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 blikkie Caramel treat
  • 5 ml koeksoda
  • 1 k karringmelk
  • 2 ½ k koekmeel
  • ‘n Knippie sout

Peperment Vulsel:

  • 250 ml room
  • 1 blikkie Caramel treat
  • 80 g pepermentsjokolade, gerasper
  1. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer twee 22cm ronde koekpanne.
  2. Klits die eiers en bruin suiker saam.
  3. Voeg olie, asyn, vanieljegeursel en caramel by en klits goed.
  4. Meng die koeksoda met die karringmelk en voeg by eiermengsel.
  5. Sif koekmeel en sout saam en meng met eiermengsel.
  6. Verdeel die mengsel in die twee koekpanne.
  7. Bak vir ongeveer 30 minute.
  8. Klits die room styf en klits die kondensmelk by asook die helfde van die sjokolade en verkoel paar uur in yskas tot styf.
  9. Smeer die vulsel tussen die lae en bo-op.
  10. Versier met sjokolade.
  11. Bêre in yskas indien dit baie warm is anders mag die room vulsel dalk suur word.