Hertzoggies
Doppies
- 450ml Koekmeel
- 37ml strooisuiker
- 10ml bakpoeier
- 1ml sout
- 125g botter of margarien by kamertemperatuur
- 3 ekstra groot eiergele
- 15ml koue water
Vulsel
- 60-75ml fyn appelkooskonfyt of soveel nodig
Bolaag
- 3 ekstra groot eierwitte
- 300m witsuiker
- 500ml klapper
- Berei die holtes van 2 kolwyntjie panne voor. Klits die droë bestandele vinnig in ‘n voedselverwerker en voeg die botter by.
- Klits tot krummelrig.
- Klits die eiergele en die water saam en voeg by.
- Klits tot klam krummels vorm wat begin bind en ‘n bol wil maak.
- Voeg ‘n paar druppels yswater by indien dit te styf is.
- Druk die deeg bymekaar in ‘n bol, maak toe in kleefplastiek en bere in die yskas vir ten minste 1 uur.
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Rol die deeg lekker dun uit op ‚n meelbestrooide oppervlak en druk groot genoeg sirkels uit om die pannetjie se holte vol te maak (ongeveer 8cm).
- Plaas die deegsirkels in die pannetjieholtes.
- Skep ‘n teelepel vol konfyt in die doppie en sit die panne in die yskas terwyl jy die bolaag meng.
- Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die suiker lepel vir lepel by terwyl jy die heeltyd klits.
- Haal uit die menger, vou die klapper met ‘n lepel in die eierwitte ni en skep mengsel bo-op die doppies, lekker hoog vol.
- Maak seker die bolaag bedek die konfyt anders kook die konfyt uit.
- Bak 15min tot die bo laag lekker goudbruin is.
- Laat op ‘n draadrak afkoel tot kamer temperatuur en bere in ‘n lugdigte houer.
- Die geheim hier is om jou deeg die hele tyd❄ koud❄ te hou dan is die tertjies perfek.
- Lewer 24 Hertzoggies