Jam Smuts-Koekies

Jam Smuts-Koekies

Kors

  • 400g (750 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
  • 10ml bakpoeier
  • 1ml sout
  • 250 g botter of margarien, by kamertemperatuur
  • 250ml suiker
  • 2 eiers, geklits

Vulsel

  • 125g botter of margarien, by kamertemperatuur
  • 150ml suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 225ml, ongesif afgemeet koekmeelblom
  • 5ml bakpoeier
  • 100ml fyn appelkooskonfyt
  1. Voorverhit die oond tot 190C.
  2. Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hul met kleefwerende middel.
  3. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
  4. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is.
  5. Voeg die suiker by en meng.
  6. Voeg die eiers by en meng tot ‘n deeg.
  7. Rol die deeg sowat 3mm dik uit op ‘n meelbestrooide deegplank.
  8. Druk sirkels, 8cm in deursnee, met ‘n koekiedrukker uit.
  9. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
  10. Verroom die botter of margarien en die suiker saam.
  11. Voeg die eiers by en meng.
  12. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
  13. Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie.
  14. Skep ‘n lepelvol vulsel daarop.
  15. Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
  16. Keer hulle versigtig op ‘n draadrak uit en laat afkoel.