Konfytskywe

Konfytskywe

  • 500ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 125 g botter/margarine
  • 25 ml kookolie
  • 100 ml suiker
  • 1 ekstra groot eier
  • Appelkoos of enige ander konfyt

Metode

  1. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
  2. Verroom die botter, kookolie , suiker en eier saam.
  3. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg vorm.
  4. Druk twee derdes van die deeg taamlik dun met die vingers op die boom van ‘n oondbak met ‘n volume van ongeveer 2 liter.
  5. Smeer appelkooskonfyt oor die deeg.
  6. Rasper oorblywende deeg grof bo-op.
  7. Bak totdat die deeg begin verbruin op die middelste oondrak by 180 C. Bak vir + – 20 min.
  8. Sny in blokke sodra dit afgekoel het.