Appelkoos Tertjies
Deeg
- 375 ml koekmeel
- 80 ml versiersuiker
- 125 g koue botter, in blokkies gesny
- 1 eiergeel
- 30 ml yswater
Vulsel
- 250 ml dik room
- 125 ml strooisuiker
- 4 eiers
- 3 ml amandelgeursel
- 1 x 410 g blik appelkose, goed gedreineer
Metode
Deeg
- Voorverhit oond tot 200 °C.
- Verwerk meel, versiersuiker en botter in ’n voedselverwerker tot krummelrig.
- Klits eiergeel en water saam en voeg by.
- Pols tot ’n deeg.
- Rol deeg dun uit en gebruik om agt individuele.