Gebakte Macaroni en Kaas

Gebakte Macaroni en Kaas

Bestandele

  • 1 kg pak macaroni, opgekook en met koue water afgespoel
  • 1 E olie
  • 6 eiers
  • 2 k melk
  • Geurselsout (aromat) na smaak
  • 1 pak gesnipperde spek (opsioneel)
  • 3 k gerasperde cheddar kaas
  • 8 skywe tamatie (opsioneel)
  • 8 klontjies botter of margarien
  • paprika (opsioneel)

Instruksies

  1. Meng die olie deur die gaar, afgespoelde macaroni.
  2. Die macaroni moet met koue water afgespoel word sodat die eiers nie skif wanneer jy dit byvoeg nie.
  3. Meng die eiers en melk goed en geur met die geurselsout na smaak (neem in ag die sout van die spek as jy gaan spek byvoeg).
  4. Meng die eiermengsel deur die macaroni.
  5. Voeg die spek (indien verkies) en die helfte van die kaas by die macaroni mengsel.
  6. Gooi die mengsel in ‘n goed gesmeerde oondbak.
  7. Pak nou die 8 skyfies tamaties (een vir elke porsie bo-oor) en plaas ‘n klontjie botter op elke skyfie.
  8. Strooi die orige kaas en ‘n bietjie paprika oor en bak in die oond vir 1 uur teen 180˚C.
  9. Verwyder van oond en laat hom ‘n paar minute rus voor opdiening.