Hoender en Mushroom Pastei

Hoender en Mushroom Pastei

  • 2 rolle puff pastry
  • 16 stukkies hoender (dytjies en/of boudjies)
  • Hoender speserye na smaak
  • 1 pak mushrooms
  • 1 pakkie cream of mushroom sop
  • 500ml melk
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180grade.
  2. Vat die een rol puff pastry en druk onder aan die pyrex bak vas.
  3. Druk die kante ook vas en maak seker die deeg is egalig in die bak sodat daar nie sekere gedeeltes te dik of te dun is nie want te dik gaan die deeg nie mooi gaar word nie en te dun gaan die vulsel uitloop.
  4. Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk.
  5. In ‘n pot gooi die hoender stukke en braai met die speserye.
  6. Gooi bietjie bietjie water by maar nie te veel nie.
  7. Potbraai die vleis tot mooi bruin.
  8. Haal die hoender uit en pluis die vleis.
  9. Maak seker daar is nie bene nie en sny die vleis in blokkies.
  10. Sny die mushrooms in skyfies en braai in dieselfde pot waarin die hoender gekook was.
  11. Sodra die mushrooms mooi gebraai is, gooi die hoendervleis terug in die pot en braai saam met die mushrooms.
  12. Maak vulsel moenie loperig wees nie.
  13. Skep die vulsel in ‘n ander bak en laat afkoel.
  14. Sodra vulsel afgekoel is, gooi in die pyrex bak met die puff pastry. Vat die tweede roll puff pastry en sit bo-op die vulsel en druk mooi vas.
  15. Maak gaatjies in die deeg en bak in die oond tot mooi goudbruin en gaar.
  16. So 45 min tot ‘n uur..
  17. Jy kan die pastei voorsit met gemengde groente net gekook met Tannie Ina se groente speserye, gebakte aartappels en geroomde spinasie.