Jan Smutsmutjies / Herszoggies Koekies met Klapper

Jan Smutsmutjies / Herszoggies Koekies met Klapper

Draadsitters of Tweegesiggies

Heerlike resep, die soetkors deeg is baie lekker en ek sal dit ook vir ander tertjies gebruik.

Soetkors

  • 4 koppies koekmeel
  • 250 g sagte margarien
  • 1 koppie suiker
  • 3 teelepel gelyk bakpoeier
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 2 eiers
  • 1 teelepel sout
  1. Room suiker, botter en eiers.
  2. Meng droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel in en plaas in ‘n plastieksak om klam te bly.

Vulsel

Maak een en ‘n half keer of dubbel aan.

  • 125 g margarien
  • 125 g suiker
  • 2 groot eiers, geklits
  • 225 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • appelkooskonfyt
  1. Verroom die margarien en die suiker goed saam.
  2. Voeg die eiers en vanilla by en meng.
  3. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng dit met die eiermengsel.
    Hou eenkant.
  4. Rol deeg uit en druk af in sirkels.
  5. Plaas dit in kolwyntjiepanne wat vooraf gesmeer is.
  6. Sit omtrent 5 ml appelkooskonfyt in elke bakkie in die pannetjie.
  7. Skep bo-oor van die vulsel en bedek die konfyt heeltemal anders kook die konfyt uit.
  8. Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 ºC vir 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
  9. Haal uit en sit op ‘n rakkie om af te koel.