Kerrie Mince Vetkoek

Kerrie Mince Vetkoek

Bestanddele:

  • 1.25 kg koekmeel (gesif),
  • 1pakkie anchor kits suurdeeg,
  • 10 ml sout,
  • 10 ml suiker,
  • 3 koppies lou warm water met 1 eetlepel wit asyn daarin,
  • 750 ml kook olie om vetkoek in te braai.
  1. Maak deeg aan met die louwarm water en knie goed. Laat rus vir 10 minute en knie af.
  2. Maak 16 balle en plaas eenkant om weer te rys.
  3. Verhit olie.
  4. Maak nou die deeg plat en plaas in matige warm olie.
  5. Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.
  6. Die vetkoek sal sommer veerlig voel.

Nou vir die mince:

Kerrie

  • 2 kg Maalvleis
  • 2 na 3 groot aartappels in blokkies gesny (pre-cook vinnig in die mikrogolf tot amper sag)
  • 2 groot uie (gekap)
  • 500gr gevriesde gemengde groente (of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410gr)
  • 1 blokkie beesstert ekstrak (aangemaak soos aanwysings)
  • 1 eetl sout
  • 2 groot opgehoopte eetl bladjang
  • 2 groot opgehoopte eetl appelkooskonfyt
  • 2 eetl Kerrie
  • 1 eetl borrie
  • 1 blik tamatie en uie smoor
  • 1 pakkie beesstert soppoeier
  • 1 blokkie wheetbix om mengsel te verdik
  1. Braai uie, kerrie en borrie in bietjie olie tot sag. Voeg appelkooskonfyt , bladjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk
  2. Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamtiesmoor, aartappels en groente by.
  3. Laat prut tot alles sag en gaar is.
  4. Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by.
  5. Laat prut tot dik.
  6. Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel.