Konfyttertjies

Ouma se Konfyttertjies

(Soliede Sirkeltjie met nog een bo-op met gaatjie in)

  • 4 koppies koekmeel
  • 500 g botter of goeie margarien, baie koud
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels bruin asyn
    ▪️appelkooskonfyt of suurlemoensmeer
  1. Rasper 350 g van botter in die meel in en vryf dit in met jou vingers tot dit soos krummels lyk.
  2. Deel res van botter in 3 dele en bêre in yskas (moet goed koud wees).
  3. Skei die eiers en plaas gele en witte in aparte koppies.
  4. Klits eierwitte en hou eenkant om mee te smeer.
  5. Voeg die bruin asyn by eiergele, klits liggies en vul koppie tot bo met water.
  6. Voeg by meel en meng goed deur.
  7. Strooi meel op werk- oppervlak en knie deeg goed tot elasties.
  8. Plaas deeg in ‘n bak, bedek en verkoel in yskas vir 15 minute.
  9. Rol deeg dan so 15 mm dik uit in vierkantvorm.
  10. Rasper een stuk van botter bo-op en vou toe soos koevert, laat rus in yskas vir 15 minute en herhaal proses tot botter klaar is.
  11. Na 15 minute rustyd, rol weer in vierkant en vou toe sonder botter, plaas in yskas en laat rus vir 2 ure of oornag.
  12. Deel deeg net so opgevou in 4 dele.
  13. Plaas stukke terug in yskas, hou een stuk uit en rol op meel uit tot mooi dun (soos jamtertjiedeeg) druk sirkelgroottes van jou keuse uit.
  14. Druk helfte van sirkels met klein proppie soos medisyneproppie in middel van sirkel uit.
  15. Smeer die onderste sirkel met eierwit en plaas gaatjiesirkel bo op die onderste gesmeerde sirkel.
  16. Plaas in gesmeerde pan en bak so 15 minute tot gaar.
  17. Vul die gaar doppies met appelkooskonfyt of suurlemoensmeer .
  18. Soutvulsels ook lekker.