Outydse Jamtertjies (Handtertjies)
- 5 K Meel
- 2 t koeksoda
- 2 k suiker
- 1/4 t sout
- 2 t kremetart
- ¾ k melk
- 3 eiers
- 125g margarien
- 910g Appelkooskonfyt
- Klits botter en suiker tot roomerig
- Roer eiers in klits goed
- Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by
- Voeg res van bestanddele by. Meng tot sagte deeg
- Rol dun uit
- Druk sirkels uit
- Meng die konfyt met 3 t droë maizena dit help dat die konfyt nie uitkook as dit gebak word
- Plaas konfyt op deeg
- Vou goed toe en druk kante goed vas met ‘n vurk
- Bak 15 min op 180º C of tot goudbrui