Crunchie Yskas Tert

Crunchie Yskas Tert

  • 2 x Blikkies Nestle Dessert Cream
  • 7 x Crunchies
  • 1 x Blikkie Caramel Treat
  • 2 x Pakkies Romany Creams Koekies (Chocolate)
  1. Slaan die koekies fyn en sit 1/2 daarvan in ‘n tert bak.
  2. Klits die room & Caramel saam, voeg dan 6 van die gekrummelde crunchies by en roer deur.
  3. Skep helfde van die mengsel bo-oor die fyn koekies.
  4. Gooi die laaste van die fyn koekies en dan die laaste helfde van tert mengsel weer bo-oor.
  5. Krummel die laaste Crunchie bo-oor vir versiering en plaas oornag in die yskas.