Ongebakte Bar-One Kaaskoek
Dis geen gewone kaaskoek dié nie! Terwyl jy daaraan smul, sal jy elke af en toe op ’n klein sjokoladeverrassing afkom.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 3 uur
Kors
- 300 g sjokolade-volgraankoekies
- 150 g botter, gesmelt
Vulsel
- 15 ml (1 e) gelatien
- 250 ml (1 k) room
- 2 bakkies (230 g elk) roomkaas
- 100 g strooisuiker
- 2 stawe (55 g elk) Bar-One-sjokolade, in skywe gesny
Versier
- Ekstra Bar-One-sjokolade, in skywe gesny
- kakaopoeier.
Metode
Kors
- Druk die koekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng goed.
- Druk op die bodem en teen die kante van ’n 22 cm-veerkoekpan vas.
- Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas tot benodig.
Vulsel
- Bedek die gelatien met 30 ml (2 e) water en laat swel.
- Verhit dan ’n paar minute in die mikrogolf tot gesmelt.
- Sit eenkant om af te koel.
- Klits die room tot styf.
- Klits die roomkaas en strooisuiker saam in ’n ander bak.
- Vou die room in die roomkaasmengsel in.
- Meng ’n bietjie van die mengsel in die gelatienmengsel in, roer goed en voeg dan by die oorblywende roomkaasmengsel.
- Meng goed.
- Roer die gesnyde sjokoladestawe in.
- Giet die vulsel in die voorbereide kors.
- Verkoel 3 uur of tot geset in die yskas.
- Vir versier: Bedek met die ekstra skywe Bar-One-sjokolade en bestuif met die kakaopoeier.