Spuit rolkoek pan en voer met bakpapier – spuit weer die bakpapier ook.
Sif die meel en sout saam
Klits eiergeel, suurlemoensap en strooisuiker tot liggeel
Meng meelmengsel en eiermengsel.
Klits eierwitte tot sagtepunt stadium en gooi 15ml strooisuiker by en klits goed.
Vou die eierwitte by die mengsel in
Smeer op bakpapier
Bak vir 10min of tot gaar in oond wat 200 grade celcius is.
Sodra koek gaar is rol op in nat opwasdoek en indien moontlik laat hom hang om mooi rond af te koel
Maak solank die vulsel terwyl die koek afkoel
Karamel vulsel
80g botter
50ml goue stroop
1 blik kondensmelk
Gooi alles in kastrol
Oor medium hitte laat dit stadig kook totdat mengsel verdik
Laat afkoel tot lou en smeer oor rolkoek en rol weer toe
Beste is om die rolkoek te laat afkoel tot karamel heel afgekoel het- in my huis gebeur dit amper nooit- dan is karamel heeltemal geset wanneer jy die rolkoek sny.