Rolkoek met Karamel Vulsel

Rolkoek met Karamel Vulsel

  • 125ml koekmeel
  • 1ml sout
  • 3 eiers geskei
  • 125ml strooisuiker
  • 12.5ml suurlemoensap – vars uitgesruk
  • 5mlvanilla
  • 15ml strooisuiker
  1. Spuit rolkoek pan en voer met bakpapier – spuit weer die bakpapier ook.
  2. Sif die meel en sout saam
  3. Klits eiergeel, suurlemoensap en strooisuiker tot liggeel
  4. Meng meelmengsel en eiermengsel.
  5. Klits eierwitte tot sagtepunt stadium en gooi 15ml strooisuiker by en klits goed.
  6. Vou die eierwitte by die mengsel in
  7. Smeer op bakpapier
  8. Bak vir 10min of tot gaar in oond wat 200 grade celcius is.
  9. Sodra koek gaar is rol op in nat opwasdoek en indien moontlik laat hom hang om mooi rond af te koel
  10. Maak solank die vulsel terwyl die koek afkoel

Karamel vulsel

  • 80g botter
  • 50ml goue stroop
  • 1 blik kondensmelk
  1. Gooi alles in kastrol
  2. Oor medium hitte laat dit stadig kook totdat mengsel verdik
  3. Laat afkoel tot lou en smeer oor rolkoek en rol weer toe
  4. Beste is om die rolkoek te laat afkoel tot karamel heel afgekoel het- in my huis gebeur dit amper nooit- dan is karamel heeltemal geset wanneer jy die rolkoek sny.