Wit Yskas Kaaskoek

Wit Yskas Kaaskoek

Bestanddele

Kors

  • 1 pk eat-sum-more koekies (fyn gemaak)
  • 4 eetl gesmelte botter
  • Meng koekies en botter en druk vas in tertbak

Vulsel

  • 1 blok 200gm wit sjokolade
  • 2 bakkies roomkaas (kamertemperatuur)
  • 1 blik aarbeie (goed gedreineer)

Metode

  1. Smelt sjokolade in mikrogolf oond.
  2. Meng roomkaas by.
  3. Skep helfte bo-op tertkors en pak die aarbeie bo-oor.
  4. Skep die ander helfte van die vulsel oor aarbeie.
  5. Plaas in yskas tot gestol.
  6. Versier met aarbeie indien verkies.