Outydse Pampoenpoffertjies in Karamelsous

Outydse Pampoenpoffertjies in Karamelsous

Poffertjies

  • 1 k gaar pampoen
  • 1 k meel
  • 2 t bakpoeier
  • 2 e strooisuiker
  • 1 eier
  • 1/4 k melk
  • knippie sout
  • canola-olie, vir braai.

Karamelsous

  • 3/4 k suiker
  • 1 k room
  • 1 t vanieljegeursel
  • 3 e botter
  • 1/2 k goue stroop
  1. Vir die poffertjies, meng al die bestanddele om ‘n gladde deeg te vorm.
  2. Verhit die olie en braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin en gaar.
  3. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
  4. Vir die karamelsous, prut al die bestanddele 10 tot 15 minute saam totdat die sous dik en blink is.
  5. Giet die sous oor die poffertjies en bedien.

(maak 24)