Pampoen Muffins met Kaneelsuiker

Pampoen Muffins met Kaneelsuiker

Lewer 10-12 muffins. (Afhangend van die grootte wat jy wil hê.)

Bestanddele

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 koppie (ongeveer 250g) boerpampoen, gekook en fyngedruk.
  • ½ koppie olie
  • 2 groot eiers
  • 1 ¼ koppie suiker
  • ½ teelepel kaneel
  • ¼ teelepel gemmer
  • ⅛ teelepel fyn naeltjies
  • ⅛ teelepel neutmuskaat
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel koeksoda
  • Kaneelsuiker: 1 eetlepel suiker en 1 teelepel kaneel (Pas aan na smaak)

Metode:

  1. Kook die pampoen tot sag en druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker of vurk.
  2. Laat eenkant om af te koel.
  3. Voorverhit die oond tot 180˚C.
  4. Spuit ‘n standaard muffin pannetjie met ‘n kleefwerende middel of voer elke holtetjie uit met ‘n papier muffinhouertjie.
  5. Sif die meel en bakpoeier saam in ‘n medium mengbak en hou dit eenkant.
  6. Meng die pampoen, eiers, olie, suiker, kaneel, gemmer, naeltjies, neutmuskaat, sout en koeksoda saam in ‘n groot mengbak.
  7. Gooi die meel by die mengsel en meng dit saam met ‘n draadklitser. Moenie dit oormeng nie.
  8. Verdeel die mengsel eweredig tussen elke holtetjie in die pan. Maak so 11 holtetjies te verdeel.
  9. Strooi die kaneelsuiker oor die mengsel.
  10. Druk die muffins in die oond vir 20-25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom wanneer dit daarin gedruk word.
  11. Los die muffins vir nog 5 minute in die pannetjie om af te koel voordat jy hulle op ‘n afkoelrakkie uitkeer.
  12. Stoor in ‘n lugdigte houer en geniet!