Ouma se Lekker Sago Poeding

Ouma se Lekker Sago Poeding

Ingredients:

  • 150 ml sago
  • 6 eiers
  • 1 liter melk
  • 80 ml suiker
  • 3 ml sout
  • 15 ml vanielje geursel

Metode:

  1. Week sago vir 1 uur in 300 ml van die melk.
  2. Gooi nou die ander 700 ml melk by en kook op lae temperatuur tot balletjies mooi deurskynend is, roer gereeld.
  3. Klits die eiers, suiker, sout en geursel goed.
  4. Gooi dit by die gaar sago en roer goed deur.
  5. Gooi in gesmeerde bakskottel en bak by 180°C tot droog en toetspen skoon uitkom.
  6. Smeer appelkooskonfyt bo-oor as dit uit die oond kom.
  7. Bedien met vla.

Wenk:

Ek maak die konfyt so bietjie warm in die mikrogolf oond dan is dit makliker om sommer oor poeding te gooi.
Die eiers kan mens ook net die geel by die mengsel ingooi en dan die witte styfklop en bo-op die konfyt lagie sit, ons verkies dit egter so sonder die meringue laag dan gooi ek die hele eier in die sago en bak gaar.

Translation

Grandma’s Delicious Sago Pudding

Ingredients:

  • 150 ml of sago
  • 6 eggs
  • 1 liter of milk
  • 80 ml of sugar
  • 3 ml of salt
  • 15 ml vanilla essence

Method:

  1. Soak sago for 1 hour in 300 ml of the milk.
  2. Now add the other 700 ml of milk and cook at low temperature until the balls are translucent, stirring often.
  3. Beat the eggs, sugar, salt and seasoning well.
  4. Add it to the cooked sago and stir well.
  5. Pour into a greased baking dish and bake at 180°C until dry and a skewer comes out clean.
  6. Spread apricot jam on top when it comes out of the oven.
  7. Served with custard.

Tip:

I heat the jam a little in the microwave oven, then it is easier to just pour it over pudding.
You can also just throw the yolks into the mixture and then beat the whites and put a layer on top of the jam.