Swartwoudkoekstruif | Black Forest Cake

Swartwoudkoekstruif

Jy benodig:

  • 6 dubbelsjokolade muffins
  • 60-80 ml brandewyn, sjerrie of ander soetwyn van jou keuse
  • 1 blik kondensmelk
  • 250 ml roomkaas
  • die sap en skil van ryp suur­lemoen
  • 1 blik swartkersies
  • 250 ml room
  • 1 Flake
  • vars aarbeie, na smaak

Só maak ’n mens:

  1. Sny die muffins middeldeur en sprinkel die alkohol oor.
  2. Pak ses van die muffin-helftes onderin die bak wat jy gaan gebruik (of een helfte in elke bakkie).
  3. Klits die kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap en -skil saam tot glad.
  4. Giet die helfte van die mengsel oor die muffins in die bak en rangskik dan die helfte van die swartkersies op die roomkaaslaag.
  5. Herhaal met nog ’n laag muffins, roomkaas en kersies.
  6. Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel vir ten minste 4 uur of verkieslik oornag.
  7. Klits die room styf net voordat jy die koekstruif wil voorsit en skep dit bo-op.
  8. Versier met die gekrummelde Flake en vars aarbeie.

Translation

Black Forest Cake

Ingredients:

  • 6 double chocolate muffins
  • 60-80 ml brandy, sherry or other sweet wine of your choice
  • 1 tin of condensed milk
  • 250 ml cream cheese
  • the juice and zest of a ripe lemon
  • 1 tin of black cherries
  • 250 ml of cream
  • 1 Flake
  • fresh strawberries, to taste

Method:

  1. Cut the muffins in half and sprinkle with alcohol.
  2. Pack six of the muffin halves in the bottom of the bowl you will be using (or one half in each bowl).
  3. Whisk together the condensed milk, cream cheese and lemon juice and zest until smooth.
  4. Pour half of the mixture over the muffins in the bowl and then arrange half of the black cherries on the cream cheese layer.
  5. Repeat with another layer of muffins, cream cheese and cherries.
  6. Cover the bowl with plastic wrap and refrigerate for at least 4 hours or preferably overnight.
  7. Whip the cream stiffly just before you want to serve the pastry and spoon it on top.
  8. Garnish with the crumbled Flake and fresh strawberries.