Mayonaise en Sampioen Vark Tjops

Mayonaise en Sampioen Vark Tjops

Bestandele:

  • 4 tot 5 vark tjops (keep die swoerd met ‘n sker)
  • ½ kop mayonaise
  • ¼ kop blatjang
  • ¼ kop tamatiesous
  • 1/2 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 1 kop kookwater
  • 1/2 pakkie sampioene (in stukkies gesny)

Metode:

  1. Braai tjoppies tot net bruin en pak in oondbak.
  2. Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor tjops.
  3. Bak vir 30 min teen 200 grade.
  4. Bedien met rys of kapokaartappels

Wenk: Vervang die vark tjops met hoender, steak, tenderised steak indien verkies.