Pepermentvierkante

Pepermentvierkante

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaak: 2 uur

  • 2 pakkies (200 g elk) Tennis-koekies
  • 1 blik (385 g) karamelkondensmelk
  • 500 ml (2 k) droë klapper
  • 2 stawe (150 g elk) Peppermint Crisp-sjokolade, fyngedruk
  • 125 ml (½ k) room
  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • ekstra Peppermint Crisp, fyngedruk, vir garneer.
  1. Voer ’n bakpan van 20 x 35 cm met bakpapier uit.
  2. Rangskik ’n laag Tennis-koekies op die bodem van die pan.
  3. Meng die karamelkondensmelk en klapper.
  4. Roer 1 fyngedrukte sjokoladestaaf in en smeer die mengsel egalig oor die koekieonderlaag.
  5. Voeg nog ’n laag koekies by.
  6. Klits die room tot effens verdik en roer die suiker en oorblywende sjokoladestaaf in.
  7. Smeer dit oor die koekies en verkoel 2 uur in die yskas.
  8. Garneer met die ekstra sjokolade en sny in vierkante.