Rosyntjiebrood

Rosyntjiebrood

Bestanddele:

  • 1½ koppies pitlose rosyne
  • 3¾ kopies plus 2 eetlepels koekmeelblom
  • ½ teelepel sout
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • ¼ teelepel fyn kaneel
  • ¼ teelepel gemengde speserye
  • 125 g botter
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1½ koppies suiker
  • 2 koppies karringmelk
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt

Metode:

  1. Kap die rosyne met ’n vleishamer sodat dit effe gekneus is.
  2. Sif die koekmeelblom, sout, naeltjies, kaneel en gemengde speserye saam.
  3. Voeg die rosyne by en meng goed. Smelt die botter in ’n groot kastrol.
  4. Haal dit van die stoof af, voeg die koeksoda by en roer totdat die mengsel glad is.
  5. Voeg die meelmengsel, suiker, karringmelk en appelkooskonfyt by en meng goed.
  6. Sit die kastrol se deksel op en laat oornag staan.
  7. Die volgende oggend skep jy die mengsel in twee standaard-grootte (26 x 11 x 7 cm) gesmeerde broodpannetjies en maak dit gelyk.
  8. Bak die broodjies ’n uur lank in ’n voorverhitte oond van 180̊C.
  9. Keer hulle op ’n draadrak uit om af te koel.

PS. Jy kan melk wat met 1 eetlepel asyn suur gemaak is, in plaas van karringmelk gebruik.