Lekker Kaaskoek

Lekker Kaaskoek

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies
  • 100g botter gesmelt
  • 1 blikkie volroom kondensmelk
  • 1 houer gewone roomkaas
  • 1 suurlemoen se skil
  • 125ml suurlemoensap – of meer na smaak
  • 250ml room
  1. Maak koekies fyn en meng met gesmelte botter
  2. Druk vas in pan of tert bak
  3. Sit in yskas
  4. Klits roomkaas en kondensmelk goed saam
  5. Klits die suurlemoensap en skil by.
  6. Klits room styf en vou by mengsel in
  7. Skep die mengsel in die kors
  8. Bak in voorverhitte oond van 160 grade celcius vir 15min.
  9. Sit stoof af maar los die koek in die oond vir nog 10min
  10. Terwyl die koek in die oond is maak solank die grinadella om bo-oor te sit ( kan enige ander vrugte gebruik )
  • 1 blikkie grinadella pulp
  • 20ml suiker
  • Doppie brandewyn of whiskey – opsioneel
  • 10ml vlapoeier aangemaak met bietjie water
  1. Kook alles saam en laat afkoel.
  2. Sodra die koek uit die oond kom sit die grinadella bo-oor
  3. Sit in yskas om goed af te koel

Translation

Nice Cheesecake

  • 1 packet of tennis biscuits
  • 100g butter melted
  • 1 can of full cream condensed milk
  • 1 container of plain cream cheese
  • 1 lemon’s peel
  • 125ml lemon juice – or more to taste
  • 250ml cream
  1. Crush cookies and mix with melted butter
  2. Press firmly into pan or tart pan
  3. Put in fridge
  4. Beat cream cheese and condensed milk together well
  5. Whisk in the lemon juice and zest.
  6. Whip cream stiffly and fold into mixture
  7. Spoon the mixture into the crust
  8. Bake in a preheated oven at 160 degrees Celsius for 15 minutes.
  9. Turn off the stove but leave the cake in the oven for another 10 minutes
  10. While the cake is in the oven make the granadella to put on top (can use any other fruit)
  • 1 can granadella pulp
  • 20ml of sugar
  • Shot of brandy or whiskey – optional
  • 10ml custard powder prepared with a little water
  1. Cook everything together and let cool.
  2. As soon as the cake comes out of the oven, put the granadella on top
  3. Put in fridge to cool well