Melktert
(2 Melktert)
Kors:
- 125 g margarien
- 60 ml witsuiker
- 1 eier
- 500ml koekmeelblom
- 10 ml bakpoeier
- knypie sout
Vulsel:
- 1,5 liter melk
- 60ml (50g) margarien
- 4 eiers
- 250 ml witsuiker
- 150 ml mielieblom
- 125 ml koekmeelblom
- knippie sout
- 5 ml vanieljegeursel
- kaneel
Metode:
- Smelt margarien oor lae hitte.
- Klop die witsuiker en eier vinnig daarby.
- Sif die koekmeelblom, bakpoeier ensout saam en meng dit met die eiermengsel.
- Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1liter.
- Prik die korse en hou dit eenkant.
- Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol.
- Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.
- Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.
- Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.
- Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.
- Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook.
- Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.
- Giet die warm vulsel in die rou korse.
- Sif kaneel oor.
- Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is.
- Sit dit louwarm of koud voor.
Translation
Milk Tart
(2 Milk Tarts)
Crust:
- 125 g margarine
- 60 ml white sugar
- 1 egg
- 500ml cake flour
- 10 ml baking powder
- pinch of salt
Filling:
- 1.5 liters of milk
- 60ml (50g) margarine
- 4 eggs
- 250 ml white sugar
- 150 ml cornflour
- 125 ml cake flour
- pinch of salt
- 5 ml of vanilla essence
- cinnamon
Method:
- Melt margarine over low heat.
- Beat in the white sugar and egg quickly.
- Sift together the cake flour, baking powder and salt and mix it with the egg mixture.
- Press the dough with your fingers against the wall and on the top of two pie plates, each with a volume of 1 litre.
- Prick the crusts and set aside.
- Boil the milk and butter or margarine in a thick saucepan.
- Beat the eggs and white sugar together very well until light yellow and spongy thick.
- Add the cornstarch, cake flour, salt and vanilla essence and continue beating until everything is incorporated into the egg mixture and there are no lumps.
- Whisk a little of the cooking milk mixture into the egg mixture.
- Now whisk the egg mixture into the rest of the boiled milk mixture.
- Place it back on the hot stovetop and stir quickly until it begins to boil.
- Turn off the plate, put the lid on and let the filling stand for a few minutes.
- Pour the hot filling into the raw crusts.
- Sift over cinnamon.
- Bake the tarts for about 20 minutes in a preheated oven at 180ºC until the crusts are cooked.
- Serve it lukewarm or cold.