Karamel Poeding
Bestanddele:
- 250 ml koekmeel
- 125 ml suiker
- 60 ml botter
- 150 ml appelkooskonfyt
- 4 eiers
- 10 ml koeksoda, gemeng met bietjie melk
Metode:
- Verroom botter en suiker.
- Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging.
- Voeg res van die bestanddele, behalwe die koeksoda, by en meng goed.
- Voeg laastens die koeksoda by.
- Gooi mengsel in kokende stroop. Bak ± 1 uur teen 180ºC.
Stroop:
- 500 ml suiker
- 500 ml room
- 500 ml melk (room en melk kan met idealmelk vervang word).
- Karamelliseer suiker tot goed bruin.
- Voeg melk en room by en roer oor matige hitte, totdat klonte opgelos is.
Nota:
Om bevrore poeding warm te maak kan dit oor kookwater gestoom word, of in die mikrogolfoond ontdooi en verwarm word.
Translation
Caramel Pudding
Ingredients:
- 250 ml cake flour
- 125 ml of sugar
- 60 ml of butter
- 150 ml apricot jam
- 4 eggs
- 10 ml of baking soda, mixed with a little milk
Method:
- Cream butter and sugar.
- Add eggs one at a time, beating well after each addition.
- Add the rest of the ingredients, except the baking soda, and mix well.
- Finally, add the baking soda.
- Pour mixture into boiling syrup.
- Bake ± 1 hour at 180ºC.
Syrup:
- 500 ml of sugar
- 500 ml of cream
- 500 ml milk (cream and milk can be replaced with ideal milk).
- Caramelize sugar until well browned.
- Add milk and cream and stir over medium heat, until lumps are dissolved.
Note:
To warm frozen pudding it can be steamed over boiling water, or thawed and heated in the microwave.