Suurlemoen Yskastert

Suurlemoen Yskastert

Kors:

  • 200g Tennisbeskuitjies
  • 90g botter
  • Breek jou koekies fyn en voeg botter by en pak in bak om kors te maak
  • PS: Smeer net jou bak dat dit nie vaskleef.

Vulsel:

  • 1 pakkie suurlemoen jellie
  • halwe koppie kookwater
  • 1 blikkie ingedampte melk
  • 1 Eetlepel strooisuiker
  1. Meng jellie en kookwater en plaas eenkant sodat dit bietjie kan afkoel
  2. In ‘n aparte bak klits jou strooisuiker en ingedampte melk saam met ‘n elektriese klitser
  3. Sodra dit lekker lig is , voeg jou jellie mengsel by , bietjies op ‘n slag terwyl jy nog klits met jou elektriese menger.
  4. Skep mengsel bo-op jou kors en plaas in yskas vir 3-4 ure.