Texas-Kaassteak

Texas-Kaassteak

Genoeg vir: 4 mense
Bereiding: 20 minute
Rustyd: sowat 1 uur of oornag
Gaarmaaktyd: 5-10 minute

Bestandele

Steak en Marinade

  • 2,5 kg Texas-steak
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 25 ml (5 t) worcestersous
  • vars gemaalde swartpeper
  • 4 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • sout

Bolaag

  • 100 g cheddarkaas, gerasper
  • 100 g mozzarellakaas, gerasper
  • 145 g bloukaas, gekrummel
  • 2 eiers, geklits
  • 35 ml heelkorrelmosterd
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 30 ml (2 e) gekapte pietersielie
  • gebakte aartappelwiggies en roketslaai vir voorsit

Metode

Steak en Marinade

  1. Sny die steak in porsies van 200-230 g.
  2. Meng die res van die bestanddele vir die marinade behalwe die sout en mariner die steaks oornag of ’n paar uur.
  3. Verhit die oond tot 230 °C en verhit ’n riffelpan tot baie warm.
  4. Braai die helfte van die steaks in die verhitte riffelpan.
  5. Braai 2-3 minute aan albei kante en sout sodra die steaks geseël is.
  6. Wag tot die pan weer baie warm is voor jy die volgende steaks braai.
  7. Dit is belangrik om die steaks teen ’n baie hoë hitte te seël.
  8. Skep die gebraaide steaks op ’n voorbereide bakplaat en laat ’n paar minute rus.

Bolaag

  1. Meng al die bestanddele vir die bolaag en deel die vulsel tussen die steaks.
  2. Skep die vulsel op die steaks en rooster sowat 5 minute in die oond.
  3. Sit voor saam met gebakte aartappelwiggies en roketslaai.

Translation

Texas Cheesesteak

Enough for: 4 people
Preparation: 20 minutes
Rest time: about 1 hour or overnight
Cooking time: 5-10 minutes

Ingredients

Steak and Marinade

  • 2.5 kg Texas steak
  • juice and zest of 2 lemons
  • 25 ml (5 t) Worcestershire sauce
  • freshly ground black pepper
  • 4 cloves of garlic, finely chopped
  • 45 ml (3 tbsp) olive oil
  • salt

Topping

  • 100 g cheddar cheese, grated
  • 100 g mozzarella cheese, grated
  • 145 g blue cheese, crumbled
  • 2 eggs, beaten
  • 35 ml whole grain mustard
  • salt and ground black pepper
  • 30 ml (2 tbsp) chopped parsley
  • baked potato wedges and rocket salad for serving

Method

Steak and Marinade

  1. Cut the steak into portions of 200-230 g.
  2. Mix the rest of the ingredients for the marinade except the salt and marinate the steaks overnight or for a few hours.
  3. Heat the oven to 230 °C and heat a fluted pan until very hot.
  4. Fry half of the steaks in the heated frying pan.
  5. Fry for 2-3 minutes on both sides and salt once the steaks are sealed.
  6. Wait until the pan is very hot again before frying the next steaks.
  7. It is important to seal the steaks at a very high heat.
  8. Place the fried steaks on a prepared baking sheet and let rest for a few minutes.

Topping

  1. Mix all the ingredients for the topping and divide the filling between the steaks.
  2. Spoon the filling onto the steaks and roast in the oven for about 5 minutes.
  3. Serve with baked potato wedges and rocket salad.