Vetkoeke
- Halwe pak meel, half van 2,5kg (Golden cloud)
- 4 eetlepels suiker
- 1 teelepel sout
- 1 pakkie yeast (pers pakkie)
- 2 eetlepels olie
- Meng dit als saam.
- Dan gooi jy gelydelik lou warm water by.
- Tot dit ‘n lekker deeg vorm.
- Knie vir 10-15 minute.
- Rus vir paar uur(sit sommer deeg onder lekker warm komberse)
- Daar na knie jy weer deeg af vir so 10 minute op meel bestrooide oppervlak.
- Maak ronde balle en druk dit effens Plat.
- Laat die balle ruis vir so 10-15 min.
- Bak in warm (canola) olie.