Sponskoek

Sponskoek

Lewer: 1 koek
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

  • 6 eiers
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 125 g botter, gesmelt
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 250 ml (1 k) meel
  • 250 ml (1 k) bruismeel

Bolaag

  • 395 g blik kondensmelk
  • 180 ml (¾ k) ingedampte melk
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer die pan en voer uit met bakpapier.
  3. Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by tot baie dik.
  4. Voeg die gesmelte botter en vanielje by en klits tot net ingemeng.
  5. Sif die mele by die eiermengsel in en klits tot net gemeng.
  6. Skraap die onderkant van die bak wanneer nodig om seker te maak al die meel word ingemeng.
  7. Giet die beslag in die voorbereide pan.
  8. Bak 30 min. in die oond of tot die koek ferm is wanneer dit aan die middel aangeraak word en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.

Bolaag:

  1. Meng die kondensmelk en ingedampte melk in ’n bak.
  2. Steek gate oral oor die oppervlak van die warm koek en regdeur met ’n steekpen.
  3. Giet die melkmengsel egalig en stadig oor en laat die koek dit opsuig.
  4. Laat staan teen kamertemperatuur tot afgekoel.

Translation

Sponge Cake

Makes: 1 cake
Preparation: 10 min.
Cooking: 30 min.

  • 6 eggs
  • 250 ml (1 k) caster sugar
  • 125 g butter, melted
  • 5 ml (1 t) vanilla essence
  • 250 ml (1 k) flour
  • 250 ml (1 k) effervescent flour

Topping

  • 395 g tin of condensed milk
  • 180 ml (¾ k) evaporated milk
  1. Preheat the oven to 180 °C.
  2. Grease the pan and line with baking paper.
  3. Beat the eggs and gradually add the sugar until very thick.
  4. Add the melted butter and vanilla and beat until just combined.
  5. Sift the flour into the egg mixture and beat until just combined.
  6. Scrape the bottom of the bowl when necessary to make sure all the flour is mixed in.
  7. Pour the batter into the prepared pan.
  8. Bake 30 min. in the oven or until the cake is firm when touched in the middle and a skewer comes out clean when inserted in the centre.

Topping:

  1. Mix the condensed milk and evaporated milk in a bowl.
  2. Poke holes all over the surface of the hot cake and all the way through with a skewer.
  3. Pour over the milk mixture evenly and slowly and let the cake soak it up.
  4. Leave at room temperature until cool.