Post Toasties Tert
6-8 porsies
Kors:
- 750 ml fyngedrukte Post Toasties (graanvlokkies) – dit moet reeds fyngedruk wees voor jy dit afmeet
- 350 ml gesmelte botter
- 250 ml suiker
- 5 ml fyn kaneel
Metode vir Kors:
- Meng al die bestanddele goed saam en gooi in ’n oondbak van sowat 25 x 25 cm.
- Voer ook die kante met die korsmengsel uit.
Vulsel:
- 1 liter melk
- 60 ml meel
- 500 ml suiker
- 30 ml botter
- 4 eiers, geskei
Metode vir Vulsel:
- Verhit oond tot 160 °C.
- Gebruik bietjie van die melk om die meel in ’n dun pasta aan te maak.
- Verhit res van die melk tot kookpunt.
- Voeg meelpasta, suiker en botter by.
- Roer aanhoudend.
- Die vulsel raak soos ’n dun witsous.
- Klits eiergele effens en voeg by wanneer die melkmengsel afgekoel het.
- Klits eierwitte styf en vou in by melkmengsel.
- Gooi in bak wat met die kors uitgevoer is.
- Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol is.
Translation
Post Toasties Tart
6-8 servings
Crust:
- 750ml crushed Post Toasties (cereal flakes) – this should already be crushed before you measure it
- 350 ml of melted butter
- 250 ml of sugar
- 5 ml fine cinnamon
Method for Crust:
- Mix all the ingredients together well and pour into an oven dish of about 25 x 25 cm.
- Also line the sides with the crust mixture.
Filling:
- 1 liter of milk
- 60 ml of flour
- 500 ml of sugar
- 30 ml of butter
- 4 eggs, separated
Method for Stuffing:
- Heat oven to 160 °C.
- Use some of the milk to make the flour into a thin paste.
- Heat the rest of the milk to boiling point.
- Add flour paste, sugar and butter.
- Stir continuously.
- The filling becomes like a thin white sauce.
- Beat egg yolks slightly and add when the milk mixture has cooled.
- Beat egg whites stiffly and fold into milk mixture.
- Pour into bowl lined with the crust.
- Bake for about 45 minutes until filling is set.