Romerige Mosselbroodjies
Genoeg vir 4 mense
- 2 blikke (85g elk) mossels, gedreineer
- 1 groot ui, gerasper
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
- 125 ml (½ k) mayonnaise
- 1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise.
- Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
- Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
- Sit dadelik voor saam met slaai.
Translation
Creamy Mussel Buns
Enough for 4 people
- 2 cans (85g each) mussels, drained
- 1 large onion, grated
- 3 garlic cloves, chopped
- 250 ml (1 cup) cheddar cheese, grated
- 125 ml (½ cup) mayonnaise
- 1 French bread/panini/ciabatta, thickly sliced (8 slices)
- Preheat the oven to 200 °C.
- Mix the mussels, onion, garlic, cheese and mayonnaise.
- Divide the mussel mixture between the bread slices and spread roughly on each.
- Place the bread slices on a baking sheet and roast for 10 minutes or until the mixture on the bread slices begins to turn slightly
- golden brown.
- Serve immediately with salad.