Vetkoek

Vetkoek

Graag plaas ek my moeder se vetkoek reseppie.

  • 5 kg koekmeel
  • 5 eetl sout
  • 5 eetl witsuiker
  • 400 ml sonneblom olie
  • 4 pakkies droe gis (pers of groen)
  • 4 eiers
  • 3.2 lt warm water
  1. Sif droe bestandele saam.
  2. Voeg die gis by.
  3. Meng die olie en eiers saam.
  4. Gooi by die droe bestandele.
  5. Voeg water geleidelik by en begin te meng tot sagte deeg.
  6. Knie vir omtrent 10 min tot elasties.
  7. Ek gooi altyd meer water ek hou van n sagte deeg dan rys hy makliker en hy blaas ook beter.
  8. Laat staan om te rys vir so 50 min op warm plekke.
  9. Keer uit op geoliede werksoppervlak.
  10. Druk plat met handpalm tot so 1.5 cm dik.
  11. Sny in blokke op rond.
  12. Pak op skink bord om n 2 de keer te rys.
  13. Wanneer jy hul in die warm olie sit gooi dadelik warm olie oor.
  14. As jy sien hy blaas keer dadelik om, hy sal nog wit wees aan die onder kant maar dit is reg.
  15. Bak breide kante tot mooi bruin en gaar.