Vinnige Skons

Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in ‘n gesmeerde muffinpan.
Bestandele
- 2 koppies meel
- 4 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ¼ koppie kookolie
- 1 eier, geklits
- 1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)
Metode
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
- Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by.
- Roer tot daar geen klonte is nie en skep lepels vol in die gesmeerde muffinpan.
- Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C.
- Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.
- Bedien skons áltyd met aarbei-konfyt en BAIE VARS GEKLITSTE ROOM.
